Logix Wild

Logix Wild


Tans kan 42 verskillende wildspesies aangeteken word in Logix. Sub-spesies, bloedlyne en kleur-variante kan ook aangeteken word.
 

Struktuur van Logix Wild

Aangesien wildteling nog relatief nuut is, behoort telers stamboominligting en alle geboortes aan te teken. Alle inligting wat aangeteken word tydens pyling, insluitende horingmates, word aangeteken en gestoor op Logix Wild. Horingeienskappe sluit in horinglengte, horingbasis, horingpalm, ringe, tiplengte, tip tot tip en spreiding. Die belangrikste spesies wat aangeteken word is Swartwitpense, Bastergemsbokke en Buffels.
 

Vereistes vir deelname aan Logix Wild

Diere moet individueel geidentifiseer word. Telers benodig internet-toegang. Data word elektronies na Logix Wild gestuur, of deur die rugsteun-lêer van enige erkende plaassagteware program na Logix te epos.
 

Bestuursverslae

  • Drie- en vyf-generasie stamboomverslae
  • Sertifikaat met drie-generasie stamboom en alle aangetekende inligting
  • Nageslagsverslae (vader- en moeder-nageslag)
  • Kuddeverslae: inventaris, per kapita lyste, geboorte-aantekening, verskeie reproduksieverslae
  • Sodra voldoende inligting beskikbaar is, sal teelwaardes vir horingeienskappe vrygestel word.

.

© SA Stamboek. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Stamboek.