Logix Diere-aantekeningsdienste

Logix Diere-aantekeningsdienste


Die Logix stelsel is 'n versameling van databasisse en programme wat die diere-aantekeningsbehoeftes van 'n wye spektrum van rolspelers in die veebedryf aanspreek, van telers en eienaars van suiwergeteelde diere, tot die personeel van registrerende owerhede, prestasie-aantekeningsagentskappe, Nasionale- en Provinsiale Regeringsinstansies, adviseurs en konsultante en verwante bedryfsorganisasies.
 

Maklike Diere-aantekening

  • Data vanaf die plaas en die diere word omgeskakel na nuttige en bruikbare bestuursinligting.
  • Plaasprogramme kan direk met die stelsel via Logix data uitruil.
  • Spesialis-raad fokus op elke kudde se unieke behoeftes.
  • Deurlopende ontwikkeling en verbeterings vind plaas vir 'n dinamiese en moderne sisteem.
  • Die genetiese meriete van u kudde en ook individuele diere is beskikbaar op die web, in bestuursverslae en veilingskatalogusse. Dit kan dus baie maklik geinkorporeer word.


Ons maak 'n verskil

  • Alle aantekeningsdienste en verslae is gesetel in een organisasie.
  • Die industrie besit en bedryf die stelsel, dus word die behoeftes van die boer direk aangespreek.
  • Wêreldklas Navorsing & Ontwikkelingskapasiteit. Ons navorsers is geregistreer by SACNASP, wat dus verseker dat u professionele en wetenskaplike diens ontvang.
  • Internasionale samewerking met ander wêreldleiers op die gebied van teling en genomiese seleksie.
  • Samewerking met die Universiteit van Pretoria en ander plaaslike universiteite en navorsings instansies.
  • Doelgerigte kursusse en opleiding, waar die nuutste inligting en tegnologie direk aan boere bekendgestel word.


Koste-effektiewe en doeltreffende dienslewering

  • Ons lewer volledige velddienste, insluitend tegniese advies, professionele dienste, tegnologie-oordrag en alle data-dienste.
  • Deursigtige koste-struktuur wat alle dienste, verslae en advies insluit.
  • Toegewyde, entoesiastiese personeel wat werklik belangstel is tot u beskikking.

 

 

 -
 - Kliek om te vergroot

Kliek om te vergroot

© SA Stamboek. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Stamboek.