SA Dairy Bulls Dienste

SADairyBulls.com

 

SaDairyBulls.com is ’n rewolusionêre onafhanklike teelprogram ontwerp vir Holstein-, Jersey- en Ayrshire-telers wat aan Logix Melk deelneem.

SADairyBulls.com is al vir sowat een jaar deel van SA Stamboek se diensteportefeulje. Hierdie eenvoudige, hoogs toeganklike soekenjin en webgebaseerde seleksie-gereedskap vir vroulike diere laat gebruikers toe om kunsmatige inseminasie (KI) en ander bulle met koeie in die Logix Melkkuddedeelnemersgroepe te vergelyk. Hierdie diens word moontlik gemaak weens SA Stamboek se Genetiese Evaluasiediens, asook deelname aan die wêreldwye suiwel-analises wat deur Interbull gebied word.

Teling was nog nooit makliker nie! Bykans enige gebruiker van SADairyBulls.com kan die vereistes vir die genetiese meriete van die vroulike diere in ’n kudde stel, gebaseer op ’n gekombineerde ekonomiese seleksieindeks of -waarde wat die inkomste en uitgawes van die kudde aandui. Die gebruiker kan dan ’n wêreldwye soektog loods na bulle wat die beste parings vir hierdie vroulike diere verteenwoordig. Die stelsel maak dit moontlik om appels met appels te vergelyk aangesien die genetiese meriete van al die diere, maak nie saak van watter land nie, direk vergelykbaar is met dié van plaaslike koeie, verse en bulle.

Die stelsel laat die deelnemende teler toe om reeds die twee hoofstappe vir suksesvolle teling te neem – die stel van teeldoelwitte en die saamstel van ranglyste op grond van diere wat aan vereistes voldoen. Die derde en laaste stap is die inwerkingstelling van paringsplanne om hierdie doelwitte te bereik, terwyl daar terselfdertyd ’n perk geplaas word op die vernouing van genetiese diversiteit van die daaropvolgende nasate, wat nou ook deel is van SADairyBulls.com.

Wat maak SADairyBulls.com uniek?

  • Alle diere word op presies dieselfde genetiese vlak vergelyk, naamlik op die Suid-Afrikaanse basis, ongeag van die land van herkoms of geboorte.
  • Alle verwerking van verhoudings tussen diere word op volledig aangetekende stamboek-inligting gebaseer, beide op Logix vir plaaslike diere asook die stamboek-inligting van Interbull en ander internasionale bondgenote.
  • Vergelykings tussen diere word op hul genetiese meriete gebaseer en nie op fenotipe nie.

Gebruik die volgende riglyne:

  • Identifiseer geskikte plaaslike en internasionale bulle (inkorporeer die totale Interbull-databasis) deur vinnige, gebruikersvriendelike soekfasiliteite.
  • Evalueer inteling, teelwaardes en paringsresultate op grond van die Suid-Afrikaanse skaal – direk vergelykbaar met jou kudde se genetiese vlakke.
  • Maak gebruik van bestaande rasspesifieke seleksie-indekse of stel jou eie persoonlike indeks saam.
  • Pas betroubare berekeninge vir inteling toe, op grond van volledige stamboom-inligting wat genomiese inligting insluit.
  • Verseker optimale parings van die beskikbare bulle en vroulike diere om die volgende te bereik:
    • Bereik jou teeldoelwit.
    • Beperk of verminder selfs inteling in jou kudde.

 

Registreer aanlyn by www.SaDairyBulls.com of kontak ons:
Wes-Kaap – Chanelle 072 836 4108
Oos-Kaap – Isolde 079 407 2708
Vrystaat – Rampie 083 631 6040
KwaZulu-Natal – Thalia 071 493 1111
Noordelike provinsies – Thalia 071 493 1111

 -

Aflaaibare Dokumente

# Naam Beskrywing
1. SADairyBulls.com 'n Rewolusionêre onafhanklike teelprogram (.pdf)
  Links kliek die dokument naam om oop te maak of Regs kliek die dokument naam en kies Save Target as... om die dokument af te laai.

© SA Stamboek. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Stamboek.