Enquiries?    info@studbook.co.za  
SA Stamboek Nuus | Logix Nuusbrief Uitgawe 2

Logix Nuusblad - Augustus 2018  GAAN TERUG


Welkom!

Middeleeuse skaapwagters in Lincolnshire het na oorlewering die meegaande rympie gebruik om hul skape te tel. Aan die einde van die rympie het die skaapwagter ‘n klippie in sy sak gesit of iewers ‘n merk gemaak en dan weer voor begin. As hy byvoorbeeld 80 skape het, sal hy net 4 klippies of merke hê, wat dit makliker maak om te weet hoeveel skape hy het. Die stelsel is baie doeltreffend, aangesien 4 klein klippies 80 skape verteenwoordig (Alex Bellos in ‘Alex’s Adventures in Numberland’).

Vandag, honderde jare later, gaan syfers en diereteling steeds hand aan hand. Telers teken nie net aantalle aan nie, maar ook stambome en prestasie metings. Sommige van SA Stamboek se telersgenootskappe het diere met stambome wat uit die 1800’s dateer.

Met behulp van moderne tegnologie word stambome en metings gebruik om die genetiese vermoë van diere te bepaal. Hierdie stelsel is ook doeltreffend, aangesien die stelsel dit baie makliker maak om meer doeltreffende diere te kies as ouers van die volgende generasie. Die toekoms lê in die insluiting van inligting wat opgesluit is in die DNA van die dier, ‘n pad waarop SA Stamboek in Suid-Afrika lei. Diereteling het die era van mikro-presisie bereik - teeldiere wat pasgemaak is vir die omgewing waarin hulle moet produseer.

Aan al ons passievolle dieretelers - geniet hierdie uitgawe!.

Dr Helena Theron is die redakteur van die nuusbrief en enige idees of nuuswaardighede kan aan haar deurgegee word by helena@studbook.co.za, met onderwerp: Nuusbrief.

 

Aflaaibare Dokumente

# Naam Beskrywing
1. Logix Nuusblad Augustus 2018 Laai die Nuusbrief in pdf formaat af
 

  Links kliek die dokument naam om oop te maak of Regs kliek die dokument naam en kies Save Target as... om die dokument af te laai.
 



NUUS INDEKS  TERUG NA BO

© SA Stamboek. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Stamboek.