SA Stamboek Nuus

Mediavrystelling - EXCO Verkiesing  GAAN TERUG


Twee nuwe Uitvoerende Komiteelede (EXCO) is nuut verkies tydens Stamboek se Algemene Jaarvergadering wat op 1 November 2018 in Bloemfontein plaasgevind het.

Die vakatures het ontstaan as gevolg van die uittrede van Dr Johan Jooste en Mnr PW van Heerden. Hulle plekke word nou ingeneem deur Mnre Pete Durham en Koos Vosloo. Pete Durham is ’n Jerseyteler van Natal en vorige President van Jersey SA. Koos Vosloo is die President van Dohné Merino Telersgenootskap en boer in die Vrystaat.
Mnr Christopher Melamu, Bonsmarateler van die Noord-Kaap is herkies tot EXCO vir nog ’n termyn van twee jaar.

SA Stamboek Uitvoerende Komiteelede

Voor van links is SA Stamboek se Dagbestuur, mnre. Michiel Burger, (tesourier), Freddie Wasserfall (president) en Russel Clark (vise-president). Agter van links is mnre. Christopher Melamu, en Carel Nel, dr. Japie van der Westhuizen (hoofbestuurder) en mnre. Koos Vosloo, Peter Durham en Duncan Serapelwane. Foto: Johan Norval

 

Aflaaibare Dokumente

# Naam Beskrywing
1. EXCO Verkiesing Laai die Mediavrystelling in pdf formaat af
 

  Links kliek die dokument naam om oop te maak of Regs kliek die dokument naam en kies Save Target as... om die dokument af te laai.



NUUS INDEKS  TERUG NA BO

© SA Stamboek. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Stamboek.