SA Stamboek Elite 2016 Suiwelboer van die jaar

SA Stamboek Elite 2016 Suiwelboer van die jaar Streekstoekennings word gemaak  GAAN TERUG


Die streekstoekennings van SA Stamboek se Elite Suiwelboer van die jaar vir 2016 het in September afgeskop.  Die kompetisie is ‘n platform waar SA Stamboek aan sy Logix melkdeelnemers erkenning gee vir die prestasies wat deur die jaar behaal is.  

Kuddes word op ‘n vergelykbare basis in rangorde van ekonomies-belangrike metings, genetiese vlakke en stamboom volledigheid geplaas.  Spesiale toekennings, asook meriete-, brons, silwer, goue en platinum toekennigs is gemaak.   In elke streek dring die kudde wat platinum toekennings ontvang deur na die nasionale rondte.  Indien geen platinum toekennings in ‘n streek gemaak is nie, dring die kudde met die hoogste persentasie goue toekennings na die nasionale rondte deur.

Die kuddes sal in Mei 2016 meeding om die titel van SA Stamboek Elite 2016 Suiwelboer van die jaar.

Te midde van baie sterk kompetisie is die volgende uitstaande deelnemers as wenners in die die verskillende streke aangewys:

  • Noord Streek:  Japie Nel
  • Wes Kaap - Arno Schoonwinkel
  • Oos Kaap – CS Puttergill.
  • Vrystaat – Dr Kobus Hendriks (OVS- Inovula Eiendoms BPK)
Noord Streek - Van links na regs:  Japie Nel (wenner) en Willie van Zijl (Meadow).

Noord Streek

Van links na regs: Japie Nel (wenner) en Willie van Zijl (Meadow).

Oos-kaap - Van links na regs:  Dr Japie van der Westhuizen (SA Stamboek), CS Puttergill (wenner)

Oos-kaap

Van links na regs: Dr Japie van der Westhuizen (SA Stamboek), CS Puttergill (wenner)

Vrystaat - Van links na regs:  Neil Ungerer (Nupro Voere Beth), Rika Hendriks (Wenner:  Inovula EDMS BPK –Heilbron), Jaco Hendriks (Inovula EDMS BPK –Heilbron), Dr. Pierre van Rooyen ( SA Stamboek) , Rampie de Wet (SA Stamboek)

Vrystaat

Van links na regs: Neil Ungerer (Nupro Voere Beth), Rika Hendriks (Wenner: Inovula EDMS BPK –Heilbron), Jaco Hendriks (Inovula EDMS BPK –Heilbron), Dr. Pierre van Rooyen ( SA Stamboek) , Rampie de Wet (SA Stamboek)

Wes Kaap - Van links na regs : Arno Schoonwinkel, Jan Schoonwinkel (Wenner), Dr Pierre van Rooyen (SA Stamboek) , Claudia Falch (Deltamune Laboratories),  John French (Alltech)

Wes Kaap

Van links na regs : Arno Schoonwinkel, Jan Schoonwinkel (Wenner), Dr Pierre van Rooyen (SA Stamboek) , Claudia Falch (Deltamune Laboratories), John French (Alltech)



NUUS INDEKS  TERUG NA BO

© SA Stamboek. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Stamboek.