SA Stamboek Nuus | Logix Genetiese Ontleding vir die Merino Ras

Mediavrystelling: Logix Genetiese Ontleding vir die Merino Ras  GAAN TERUG

 

Die heel nuutste wetenskaplike ontwikkelings en tegnologie, van toepassing op moderne skaapteling, is ’n nuwe Genetiese Evaluasie vir die Merino ras deur SA Stamboek ontwikkel. Met die goedkeuring van die Merino SA Tegniese Komitee word dit vanaf April 2018 deur SA Stamboek op ’n roetine-basis geïmplementeer en aan Merino telers beskikbaar gestel. Die nuwe Genetiese Ontleding behels die volgende:

  • Teelwaardes (genetiese meriete as teeldier) en akkuraatheidsyfers vir Speen Direk, Speen Maternaal, Aantal Lammers Gespeen, Totale Gewig (lammers) Gespeen, Ouderdom 1ste Lamming, Interlam Periode, Liggaamsgewig, Skoonvagmassa, Veseldikte en Stapellengte. Hierdie teelwaardes en akkuraatheidsyfers word met omvattende meer-eienskap genetiese modelle beraam om die genetiese potensiaal van die diere so akkuraat as moontlik te bepaal. Oorerfbaarhede en genetiese korrelasies is nuut beraam vanuit hierdie meer-eienskap genetiese modelle om die genetiese variasie van die huidige Merino populasie te ondervang.
  • Intelingskoëffisiënte word bereken vir al die diere wat in die stamboom ingesluit word vir die Genetiese Ontleding. Dit beteken dus dat alle beskikbare generasies se inligting gebruik word om hierdie intelingskoëffisiënte te beraam.
  • Genetiese Verslae is nuut ontwikkel vir al die telers wat aan Logix Prestasie-Meting deelneem, wat die volgende insluit :
    • Genetiese vlakke (alle eienskappe) van die kudde in vergelyking met die ras vir die verskillende eienskappe en indekse.
    • Genetiese tendense (alle eienskappe) in die kudde in vergelyking met die ras.
    • Assessering van die inteling van die kudde in vergelyking met die ras.
    • Toplyste vir Vaders gebruik in die Kudde, aktiewe gemete ramme, aktiewe jongramme en ooie van die kudde.

Teelwaardes en akkuraatheidsyfers sal dus effens anders lyk in die nuwe April 2018 vrystelling as dit vergelyk word met vorige Genetiese Evaluasies, omdat meer omvattende genetiese modelle gebruik word vir die voorspelling daarvan en omdat dit op nuwe genetiese parameters gebaseer word. Rangordes op grond van genetiese meriete van die diere sal egter nie dramaties verander nie.

Die nuwe teelwaardes verseker dat genetiese verskille tussen diere met groter akkuraatheid vasgestel kan word. Verder maak die Genetiese Verslae dit vir Merino-telers moontlik om meer ingeligte en vinniger besluite te neem, wat verseker dat teeldoelwitte meer doeltreffend bereik word.

 

 

Aflaaibare Dokumente

# Naam Beskrywing
1. Logix Genetiese Ontleding vir die Merino Ras Laai die Mediavrystelling in pdf formaat af
 

  Links kliek die dokument naam om oop te maak of Regs kliek die dokument naam en kies Save Target as... om die dokument af te laai.
 



NUUS INDEKS  TERUG NA BO

© SA Stamboek. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Stamboek.