Eerste elektroniese plakkaat op kongres voorgelê

Beste Veekundige Voorlegging op SA Vereniging van Landboutegnoloë Kongres  GAAN TERUG


Yolanda Venter, Bestuurder van die Nguni Beestelersgenootskap,  het die eerste plek behaal vir die beste Veekundige voorlegging op die 33ste SA Vereniging van Landboutegnoloë Kongres wat van 8 – 10 September 2015 in Hoedspruit plaasgevind het.  Die titel van die plakkaat was:  Koeiwaardes, 'n gekombineerde genetiese seleksie-indeks vir Suid-Afrikaanse Vleisbeestelers - 'n Gevallestudie vir die Nguni-ras. 

Yolanda was ook die heel eerste spreker in die geskiedenis van die Vereniging, wat ‘n elektroniese plakkaat voorgelê het.

Mede outeurs van die plakkaat was Dr. Helena Theron, Japie van der Westhuizen en Bobbie van der Westhuizen van SA Stamboek.

Meer inligting oor die plakkaat is op aanvraag beskikbaar.

Yolanda Venter - Bestuurder van die Nguni Beestelersgenootskap

Yolanda Venter

Bestuurder van die Nguni Beestelersgenootskap



NUUS INDEKS  TERUG NA BO

© SA Stamboek. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Stamboek.