SA Stamboek Elite 2016 Mediaverklaring

SA Stamboek Elite 2016 Mediaverklaring  Go Back

 

Uitgereik deur: Dr Pierre van Rooyen
Posisie: Hoofbestuurder:  SA Stamboek
Datum: 22 Januarie 2016
Kontaknommer: 051 410 0900

SA Stamboek Elite 2016

SA Stamboek Elite 2016 gaan weer vanjaar erkenning gee aan stoettelers vir buitengewone prestasies.  Maak asseblief reeds ‘n aantekening in u dagboek van die volgende belangrike datums, wat ook vanjaar weer saamval met Bloemskou 2016.

Dinsdag, 3 Mei 2016

Vleissentraal / SA Stamboek Elite Bulgroeitoetsklas

Standardbank /SA Stamboek Elite Prysuitdelingsdinee

Woensdag, 4 Mei 2016
(09:00 - 16:00)
Voermol / SA Stamboek Elite Teeltsimposuim
Sprekers Hoofspreker: Prof Darrh Bullock 
Die gebruik van toepaslike hulpmiddels in paringstelsels om die wins te maksimaliseer.
 

Dr Lise Sandenberg & Ms Lydia Bosman
Genomiese inligting by Skape en Vleisbeeste: Die eerste
Suid- Afrikaanse ontledings en toekomstige vooruitsigte.

  Dr John Becker
Die vordering met die Vleisbees Genomiese Projekte.
  Dr Japie van der Westhuizen
Die Toekoms: Die nuutste ontwikkelings in teling - en Bestuursinligting by SA Stamboek.

Hierdie Simposium mag u as vooruitstrewende stoetteler nie misloop nie. Besprekings is reeds oop en die koste beloop R550 per persoon. Spesiale afslag vir studente @ R350 per student indien groepe van meer as 10. Kontak gerus vir Sherri by 051 410 0900 vir enige navrae of stuur ‘n epos na sherri@studbook.co.za om u plek te bespreek.



News Index  Back to Top

© SA Studbook. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Studbook.