SA Stamboek Media Verklaring

SA Stamboek stel revolusion√™re onafhanklike paringsprogram bekend  GAAN TERUG


SADairyBulls.com is reeds ’n gevestigde hulpmiddel vir telers van suiweldiere, KI maatskappye en ander bedryfsrolspelers om internasionale bulle se genetiese meriete te verkry op die Suid-Afrikaanse skaal.

SA Stamboek het die knoop deurgehaak en stel in samewerking met ORDA die kommersiële gebruik van ‘n omvattende, gebruikersvriendelike, internet-gebasseerde paringsprogram, as ’n nuwe toevoeging tot SADairyBulls.com bekend.

Hierdie program is spesifiek ontwerp vir die Holstein, Jersey en Ayrshire rasse en telers wat aan SA Stamboek se Logix Melk aantekeningsprogram deelneem.

Suiwelteling was nog nooit so maklik nie.  Bulle kan deur SADairyBulls.com nasionaal en internasionaal geïdentifiseer word – die volledige Interbull databasis is by die program ingewerk. 

 

  • Suid Afrikaans gebasseerde paringsresultate, inteling en teelwaardes van bulle word elektronies op SADairyBulls.com  geassesseer
  • Dit is direk vergelykbaar met die genetiese vlakke van enige groep of individuele vroulike diere in die teler se kudde
  • Rasspesifieke seleksie-indekse, soos deur die betrokke Telersgenootskap voorgeskryf, of die teler se eie  teeldoelwitte kan gebruik word
  • SADairyBulls.com pas dan betroubare berekeninge toe om inteling te verhoed, gebasseer op volledige stamboom inligting, sowel as BLUP teelwaardes en genomiese inligting wat beskikbaar is
  • Hierdie gebruikersvriendelike internetgebasseerde program gee aan telers toegang tot ‘n internasionale genepoel terwyl elke dier op gelyke vlak met die plaaslike genetiese meriete vergelykbaar is.

SADairyBulls.com is die ideale manier om teeldoewitte vinniger te bereik en inteling in die kudde kan drasties verminder en beperk word. Verskeie verslae kan ook uit SA DairyBulls gegenereer word.

Hoe kan telers SADairyBulls .com gebruik?

Registreer jou kudde elektronies op SADairyBulls.com by  www.SADairyBulls.com of kontak die Tegniese adviseur in jou area.

Wes-Kaap:
Chanelle Steenekamp
072 836 4108

Oos-Kaap:
Isolde Viljoen 
079 407 2708

Vrystaat:
Rampie de Wet
083 631 6040

KwaZulu Natal en Noordelike Provinsies:
Thalia Brameld 
071 493 1111



NUUS INDEKS  TERUG NA BO

© SA Stamboek. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Stamboek.