Minister van Landbou besoek SA Stamboek en moedig samewerking aan

Minister van Landbou besoek SA Stamboek en moedig samewerking in Agri aan  GAAN TERUG


Die Minister  van Landbou,  Bosbou en Visserye, Min Senzeni Zokwana, het Maandag, 5 Oktober die Landbouweekblad Landboukonferensie by die Universiteit van die Vrystaat geopen en ook van die geleentheid gebruik gemaak om SA Stamboek te besoek.

Hy wou homself vergewis van die dienste wat Stamboek aan die Veebedryf deur die 64 van die 73 Telersgenootskappe in SA wat lid is van Stamboek, lewer. Nadat hy onder die besef gekom het van die omvang van die werk wat by Stamboek in belang van die Veebedryf vir kommersiële sowel as ontwikkelende boere gedoen word, was sy hoof boodskap aan Stamboek se Raad, dat alle rolspelers in die Landbou voortaan liewer moet hande vat en saamwerk in plaas van om in die truspieël en die verlede te kyk, ten einde om bekostigbare kos vir alle Suid Afrikaners te produseer.
 


Van links na regs in voorste ry: Whellan Simkin (SASB Raadslid),  Philip Barnard (SASB Raadslid) Minister Senzeni Zokwana,  Dr Pierre van Rooyen (SASB Hoofbestuurder), Dr BM Modisane (CD: Animal Production and Health, DAFF), Ms Zukiswa Thebe ( Privaat Sekretaresse van die Minister)
Agter van links na regs:  Freddie Wasserfall (SASB Raadslid), Nico de Jager  (SASB Bestuur),  Herman Labuschagne (SASB Bestuur), Wicus Kruger (SASB Raadslid).



NUUS INDEKS  TERUG NA BO

© SA Stamboek. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Stamboek.