SA Stamboek Artikels | Mediavrystelling - EXCO Verkiesing

Mediavrystelling - EXCO Verkiesing  Gaan terug

 

Twee nuwe Uitvoerende Komiteelede (EXCO) is nuut verkies tydens Stamboek se Algemene Jaarvergadering wat op 1 November 2018 in Bloemfontein plaasgevind het.

Die vakatures het ontstaan as gevolg van die uittrede van Dr Johan Jooste en Mnr PW van Heerden. Hulle plekke word nou ingeneem deur Mnre Pete Durham en Koos Vosloo. Pete Durham is ’n Jerseyteler van Natal en vorige President van Jersey SA. Koos Vosloo is die President van Dohné Merino Telersgenootskap en boer in die Vrystaat.

Mnr Christopher Melamu, Bonsmarateler van die Noord-Kaap is herkies tot EXCO vir nog ’n termyn van twee jaar.

 

Logix Fokus

Voor van links is SA Stamboek se Dagbestuur, mnre. Michiel Burger, (tesourier), Freddie Wasserfall (president) en Russel Clark (vise-president). Agter van links is mnre. Christopher Melamu, en Carel Nel, dr. Japie van der Westhuizen (hoofbestuurder) en mnre. Koos Vosloo, Peter Durham en Duncan Serapelwane.



Artikel Indeks  Terug na bo

© SA Stamboek. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Stamboek.