VSA kundige in Genetika en Diereteelt spreker by Elite Simposium

VSA kundige in Genetika en Diereteelt spreker by 2016 Voermol en SA Stamboek Elite Simposium  Gaan terug

Die Voermol / SA Stamboek Elite 2016 Teeltsimposium word volgende jaar op Woensdag, 4 Mei in Bloemfontein aangebied. Prof. Darrh Bullock, Professor in Voorligting: Diere Genetika, van die Universiteit van Kentucky in Amerika sal as hoofspreker optree.

Die hooftema van die Teeltsimposium is: Die gebruik van toepaslike hulpmiddels in paringstelsels om wins te maksimaliseer.

Ander sprekers wat op die dag sal optree is:

  • Dr John Becker, Sentrumbestuurder vir die Afrika Sentrum vir Gene Tegnologie, waarby die LNR, WNNR en die Universiteite van Johannesburg en Pretoria direk betrokke is.
  • Dr Lise Sandenbergh, ‘n Wetenskaplike by die Departement van Landbou, Wes-Kaap. Sy spesialiseer in Skaap Genomika.
  • Me Lydia Bosman, tans besig met haar PhD studies aan die Universiteit van Pretoria, oor die implementering van Vleisbees Genomika.
  • Dr Japie van der Westhuizen, Bestuurder: Produksie-aantekening van SA Stamboek en erkende Genetikus in diereteelt geledere.

    Die simposium  word aangebied in die vorm van sprekers en ‘n paneelbespreking aan die einde, waar praktiese vrae deur kundiges beantwoord sal word.

    Die koste vir die Simposium beloop R550 per persoon en sluit simposium materiaal, verversings en ‘n ligte middagete in.  Besprekings het reeds geopen.  Kontak gerus vir Sherri by 051 410 0900 of epos na sherri@studbook.co.za om u plek te bespreek.



Artikel Indeks  Terug na bo

© SA Stamboek. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Stamboek.