Werk teelwaardes vir vrugbaarheid regtig?

Werk teelwaardes vir vrugbaarheid regtig?  Gaan terug


Vrugbaarheid is die belangrikste eienskap in enige telingsisteem.  Niks groei so stadig soos ‘n dooie kalf nie…  ‘n Koei wat uitgawes vereis sonder on enige uitsette te lewer het geen plek in ‘n produktiewe kudde nie.  Anders as melkbeeste, melk- en haarbokke, wolskape en lê-henners gee vleisbeeste eers finale produkte na hulle dood.  Gedurende die “onproduktiewe” periodes is dit selfs meer belangrik vir hierdie diere om so veel as moontlik voort te plant.   Dit is ideaal om ‘n kudde so te bestuur en selekteer om verse te teel wat vroeër kalf as hul tydgenote en gereeld kalf.  Tussen-kalf periode (TKP) en ouderdom by eerste kalwing (OEK/AFC) is dus belangrike eienskappe vir vrugbaarheid, waarvan OEK hier gebruik word as voorbeeld.

Nou en dan doen telers navraag oor teelwaardes vir vrugbaarheid en of dit werklik moontlik is om vrugbaarheid geneties te verbeter.  Dit is waar dat die omgewing ‘n groot rol speel in vrugbaarheid.  Diere is sensitief vir eksterne kondisies en sal nie goed voortplant in ‘n swak omgewing nie.  Telers bestuur ook kuddes anders – sommiges kies om op twee jaar te kalf en sommiges op drie  jaar.  Die seisoenale teling van diere beïnvloed verder die variasie in ouderdom by eerste kalwing (dit word in ag geneem in teelwaarde-beraming).  Op die einde bly die feit staan dat sommige diere meer vrugbaar is as ander onder presies dieselfde omgewings-toestande (insluitend bestuur). 

Vir hierdie artikel was die beste en swakste bulle (3 van elk) gebaseer op OEK teelwaardes gebruik vir analise.  Die akkuraatheid vir hierdie waardes was bo 90% en dus is daar baie inligting beskikbaar oor hul dogters.  Die metings en teelwaardes van hierdie bulle se dogters was vergelyk met dogters van ander bulle wat in dieselfde kontemporêre groep gemeet was.

Kontemporêre groepe is groepe diere wat onder dieselfde omgewingstoestande gemeet was en daarom regverdig vergelykbaar is.  ‘n Dier se prestasie relatief for the groepgemiddeld word gebruik vir teelwaarde-beraming.  Soms lyk die waarde self nie besonder goed or sleg nie, maar mens kan dit eers werklik bepaar wanneer diere binne ‘n groep vergelyk word.  Die meting word ook beïnvloed deur baie eksterne faktore wat die genetiese bydrae kan masker.

Aangesien die afwyking vanaf die groepgemiddeld gebruik word vir teelwaarde-beraming is daar ‘n sterk verband tussen hierdie waarde en die teelwaarde (EBV).  Dit is wel nie dieselfde as die teelwaarde nie.  Dit is omdat teelwaardes slegs die genetiese oorerfbare deel van die prestasie is en daar genetiese verbande tussen eienskappe is.  Daar is ook steeds ‘n bietjie omgewings-effekte in die kontemporêre groepe wat in ag geneem word in die model en dus nie gesien kan word in die rou waarde nie.  Diere teel verder ‘n variasie van nageslag.  Al die nageslag van dieselfde twee ouers sal nie dieselfde wees nie omdat hulle verskillende kombinasies van gene ontvang.  Daar sal nageslag wees wat beter presteer as ander.

Grafieke het nie ‘n duidelike verskil gewys tussen die werklike metings van die dogters van hierdie bulle teenoor die dogters van ander bulle nie (heel moontlik as gevolg van verskille in bestuur).  Die verskille tussen die dogters se afwyking vanaf die gemiddeld sowel as die teelwaardes was wel duidelik.  In geheel was die dogters van bulle met beter teelwaardes meer vrugbaar as dogters van ander bulle gemeet in dieselfde groepe (figuur 1a).  Die teenoorgestelde is ook waar vir dogters van bulle met swak teelwaardes. breeding values (figuur 1b).   Dit is belangrik om te onthou dat die dogters se teelwaardes ‘n kombinasie is van die vader en moeder se genetika en dus kan dogters swakker of beter teelwaardes hê as hul vader.

Figuur 1a
Figuur 1a: In geheel was die teelwaardes (EBVs) vir ouderdom eerste kalf (OEK) beter vir dogters van bulle met goeie OEK teelwaardes.  Hierdie grafiek wys die persentasie van diere met ‘n spesifieke waarde vir OEK.  Die meerderheid diere is om die gemiddeld en die persentasie word minder soos wat waardes verder van die gemiddeld beweeg.

 

Figuur 1b
Figuur 1b: In geheel was die EBVs vir OEK swakker vir dogters van bulle met goeie OEK teelwaardes.

 

Die gemiddeldes vir OEK, OEK EBV en OEK afwyking was vergelyk.  Soos verwag het die dogters van bulle met goeie teelwaardes beter waardes gehad as ander diere in dieselfde groep.  Die teenoorgestelde is waar vir dogters van bulle met swak teelwaardes (tabel 1).  Gemiddeldes alleen kan wel misleidend wees en verskille is nie noodwendig statisties betekenisvol nie aangesien die variasie binne groepe verskil van mekaar.  Verdere statistiese metodes het wel bewys dat hierdie verskille betekenisvol is.

Tabel 1:  Die gemiddeldes vir OEK, OEK EBV en OEK afwyking was laer (beter) vir dogters van bulle met goeie OEK teelwaardes as dogters van ander bulle gemeet in dieselfde groepe.  Die gemiddeldes was ook hoër (swakker) vir dogters van bulle met swakker teelwaardes.  In hierdie tabel verwys ‘n’ na die aantal diere.

Gemiddeld

Mees vrugbaar

(n = 285)

Ander

(n = 1507)

Minste vrugbaar

(n = 218)

Ander

(n = 830)

OEK

1087

1114

1204

1113

OEK EBV

-13.82

-1.98

11.94

2.53

OEK afwysings

-7.20

0.61

8.13

-0.38

 

Korrelasies tussen metings was bereken.  ‘n Korrelasie dui die verhouding tussen eienskappe/metings aan en word gegee as ‘n waarde tussen -1 en +1.  Negatiewe korrelasies beteken dat die eienskappe so gekorreleerd is dat ‘n styging in een lei tot ‘n daling van die ander.  ‘n Positiewe korrelasie wys na ‘n verhouding in dieselfde rigting – styging in een lei tot ‘n daling van die ander.  ‘n Sterk korrelasie dui aan dat die eienskappe meer geneig is om saam te verander.  Die korrelasie tussen OEK en OEK EBV was 0.23, wat ‘n duidelike positiewe verhouding is.  Die korrelasie tussen OEK EBV en OEK afwyking is aansienlike sterker (0.59) omdat hierdie afwyking gebruik word vir teelwaarde-beraming (tabel 2 en figuur 2).  Daar is ook ‘n gunstige korrelasie tussen TKP en OEK wat wys dat seleksie vir een eienskap kan lei tot ‘n verandering in die ander. 

 

Tabel 2: Korrelasies tussen eienskappe.  Korrelasies verwys na die verhouding tussen eienskappe (die neiging van een eienskap om te verander as gevolg van ‘n verandering in die ander eienskap).

Korrileerde eienskappe

OEK

OEK EBV

OEK

OEK EBV

OEK afwyking

TKP (tussen-kalf periode) EBV

-

0.23

0.33

0.12

0.23

-

0.59

0.46

 

Figuur 2 
Figuur 2: Die grafiek wys die korrelasie tussen die OEK afwyking vanaf die groepgemiddeld en die teelwaarde vir OEK.  Die verhouding is sterk.

 

Hierdie waardes en grafieke wys dat seleksie vir genetiese verbetering in vrugbaarheid baseer op teelwaardes vir OEK moontlik is.  Optimale verbetering in vrugbaarheid gaan gepaard met streng uitskotting van koeie wat nie gekalf het nie.  Vrugbaarheid alleen verseker ook nie ‘n perfekte, doeltreffende en winsgewende dier nie.  ‘n Doeltreffende koei verg minder onderhoudskostes, gee elke jaar ‘n sterk, gesonde kalf sonder kalwingsprobleme en het genoegsame melk om ‘n swaar kalf te speen.  Seleksie indekse is behulpsaam om diere te teel wat in geheel beter is.  Dit kombineer kleiner geboorte gewigte (verminder kalwingsprobleme), swaarder speengewigte, kleiner volwasse gewig (minder onderhoudsbehoeftes), vinniger groei en beter vrugbaarheid.  Hierdie waardes word opgedeel in die verskillende komponente agter in die kuddeverslag wat die diere se sterk en swak punte uitwys.

Mens kan nie bekostig om nie te selekteer en te bestuur vir beter vrugbaarheid nie.  Dit is die belangrikste faktor in winsgewendheid.  Meer kalwers per jaar lei na meer speenkalwers om te verkoop, die geleentheid om strenger te selekteer vir vervangingsverse en minder voerkostes vir onproduktiewe diere.



Artikel Indeks  Terug na bo

© SA Stamboek. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Stamboek.